Meer oor Klaskamer

Huisgenoot Klaskamer is ‘n aanlywinkel waar jy op ‘n veilige en maklike manier opvoedkundige inhoud, wat voorheen in die tydskrif verskyn het, kan koop.

Die tema’s wat hier verskyn stem meestal ooreen met die skoolkurrikulum. Al die opvoedkundige inhoud wat ons sedert 2010 gepubliseer het, is hier beskikbaar. Boonop is talle ander interessante inligtingsgrafika’s wat ons saamgestel het hier te koop.

Om ‘n aankoop te doen is maklik en talle sekerheidsmaatreëls is in plek sodat jy met gemoedsrus ‘n aanlyn-transaksie kan finaliseer. Dit werk basies so:

–          Jy kan een of meer onderwerpe kies om te koop.

–          Jou voornemende aankopies sal in jou mandjie verskyn.

–          As jy doodseker is dat jy gelukkig met jou keuses is, sal jy na die betaalpunt aanbeweeg.

–          By die betaalpunt kan jy kies of jy ‘n kredietkaarttransaksie of ‘n elektroniese oorplasing (EFT) wil doen.

–          As jy die elektroniesse oorplasing doen sal jy eers jou aankope ontvang per e-pos as die bedrag in ons rekening reflekteer.

–          Met ‘n kredietkaartransaksie wat suksesvol uitgevoer is, sal jy onmiddellik die inligting wat jy aangekoop het kan aflaai – jy sal ook ‘n e-pos ontvang waar jy dit kan aflaai.

–          Jou aankope sal in PDF-formaat beskikbaar wees – jy moet die Adobe Acrobat-program op jou rekenaar hê hiervoor. Meeste rekenaars het dit, maar as jy dit nie het nie, kan jy dit hier aflaai: http://get.adobe.com/reader/

–          As jy enige navrae of bekommernisse het, kan jy ons by web@huisgenoot.com kontak.